@icemodelscpt

A photo posted by Albert Kruger (@thealbertkruger__) on
“Ek is verlede jaar deur ’n talentsoeker opgemerk terwyl ek en ’n groep vriende buite Kaapstad-stadion vir ’n konsert staan en wag het,” vertel Albert, ’n matrikulant aan die Hoërskool Tygerberg in Kaapstad. “Teen daardie tyd het drie agentskappe my al genader.” Hy het met elke agentskap ’n afspraak gehad, maar het onmiddellik by ICE Models tuisgevoel.
Al ervaring wat die lang, lenige donkerkop in daardie stadium gehad het, was “ongemaklike skoolfoto’s” waarin sy oë altyd toe was en dan en wan ’n selfie wat hy vir sy WhatsApp-profielfoto geneem het. Maar sedert Albert die kontrak met ICE Models gesluit het, het hy al ’n fotosessie vir Glamour Magazine SA gedoen asook vir Truworths se nuwe denimreeks.

There are 16 year olds competing in the Olympics and I still pull on doors that tell me to push. ?? #success

A photo posted by Albert Kruger (@thealbertkruger__) on

“Ek was baie bevoorreg om vanaar ook te kon deel wees van SA Menswear Week, waar ek vir vier verskillende ontwerpers op die loopplank was.” Lees ook: Dié mej. Suid-Afrika-finalis pronk nou as ’n plusgrootte-model Die jong man beoog om ná skool B.Com. Bedryfsielkunde aan die Universiteit Stellenbosch te studeer en nadat hy sy graad verwerf het, ’n paar jaar lank voltyds modelwerk te doen. “Natuurlik is dit alles in die Here se hande en ek glo volkome dat Hy my op die regte pad sal lei.”

Every day is leg day if you run away from your responsibilities?? #fitness

A photo posted by Albert Kruger (@thealbertkruger__) on

Albert se model- en skoolwerk is nie al wat hom besig hou nie; hy is ook vanjaar hoofseun van sy skool, wat met heelwat verpligtings gepaardgaan. “Vanjaar was beslis baie besig en uitdagend, maar ek het elke oomblik geniet en ten volle benut, en so baie daaruit geleer. My agente is bewus van my besige skoolprogram en prioriteite, en neem dit in ag. Ek is ook baie dankbaar teenoor my ouers wat my ondersteun en help om my besige program vol te hou.” Hy en sy ousus is baie na aan mekaar en hoewel Katryn nie die rede is waarom hy modelwerk doen nie, erken hy dat haar loopbaan hom daarvan bewusgemaak het dat daar moontlikhede in die modelwêreld is wat jy ten volle moet benut. “Katryn ondersteun my modelwerk en is saam met my opgewonde oor my loopbaan. Haar raad aan my is altyd om te doen wat my sal gelukkig maak.

What an amazing experience and privilege to walk for the very talented @issaleo at #samenswearweek

A photo posted by Albert Kruger (@thealbertkruger__) on

Lees ook: Gucci-advertensie verbied oor ‘ongesond maer’ model

“Ek sien baie op na haar. Sy het in ’n kort tydperk wêreldberoemd geword, maar steeds haar nederige self gebly.”

Voor die jong meisies van die wêreld te opgewonde raak oor die mooi, nuwe gesig in die modelwêreld, moet hulle kennis neem van Albert se meisie, Mariesa Fourie, met wie hy al twee en half jaar lank uitgaan.

“Sy ondersteun my al van die eerste dag af en sy is saam met my baie opgewonde daaroor.”

Wanneer Albert nie vir die kamera flikkers gooi of besig is met skoolverpligtings nie, bring hy graag tyd deur saam met mense wat vir hom belangrik is. “Ek is mal oor die see en natuur, en probeer so gereeld moontlik tyd daarin deurbring.”

Hy doen ’n paar keer per week crossfit om fiks en gesond te bly en het onlangs langer afstande begin draf, wat hy baie geniet.