Met haar nuwe, kort, parmantige haarstyl het die aktrise Jennifer Lawrence (23) by die premières van The Hunger Games: Catching Fire selfs meer aandag getrek as gewoonlik. Hier is ’n kykie na haar nuwe voorkoms.

Londen-première

JLaw drape dress

Hierdie wit satynrok met sagte voue in die middel en versierde romp lyk pragtig. Ek is mal oor die dramatiese  drapeersel agter.

2511 Fashion Brokkie Image 3

Kry jou rok met drapeersel hier by SPREE.

Rome-première

Jennifer Lawrence attends the  Premiere Hunger Games

Hoekom nie Jennifer se asimmetriese voorkoms op die proef stel nie? Hierdie ivoor rok is deel van Dior se 2013 Couture-reeks.

assymmetry

Kry jou voorkoms hier by SPREE: Albertus Swanepoel A-lyn potloodromp

Geel bloes met kamisool

Berlyn-première

Jennifer Lawrence attends The Hunger Games: Catching Fire Germany premiere at Sony Centre in Munich

Nog ’n Dior-skepping. Sy lyk pragtig in hierdie sneeuwit jasrok met dubbele knope. Die noupassende snit pas haar perfek en laat haar middeltjie slank lyk.

2511 Fashion Brokkie Image 8

Kry jou jas met ’n noupassende snit hier by SPREE.

L.A.-première

"The Hunger Games: Catching Fire" Los Angeles Premiere

Sy lyk gevaarlik in hierdie deursigtige ontwerpersrok van Dior. Ek hou daarvan dat sy dit gewaag het om so iets te dra. Ons is lief vir jou, Jen!

2511 Fashion Brokkie Image 10

Kry jou voorkoms hier by SPREE.

Deur Jeani Tutt – Huisgenoot en YOU se modeassistent