Katinka Heyns werskaf in die voortuin van haar huis hier op die kusdorp Onrus aan die Suidwes-Kaapse kus.

“Ek het vanoggend hierdie wit klippe met die paadjie langs gepak,” wys sy.

“Eers later kom ek agter ek doen dit in my pajamas!”

Dis nou baie binnekort die première van haar jongste fliek, Die Wonderwerker, wat handel oor die legendariese digter en natuurkenner Eugène Marais.

Fliekfoendi’s sit reeds agteroor en hande vryf.

Dis immers die eerste groot rolprent van ’n groot regisseur in Afrikaans sedert Paljas in 1997, die eerste Suid-Afrikaanse rolprent wat vir ’n Oscar benoem is.

Mense sien al lank uit na dié een…

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.