Katie Holmes gebruik glo slakslym vir ‘n gladde gelaat.

Die 34-jarige aktrise, wat verlede Julie-maand van Tom Cruise geskei het, is glo aangeraai om slakslym te gebruik om haar vel glad en sag te hou.

Die slym is ‘n ekstra bestanddeel in verskeie produkte wat in Suid-Amerika en Suid-Korea vervaardig word.

Na bewering kan Katie reeds die resultate sien.

“Verlede jaar was ‘n moeilike jaar vir Katie. Sy moet nou als doen om hierdie jaar weer die fokus op haar loopbaan te plaas en om op haar beste te lyk,” het ‘n bron gesê.

“Dit was ‘n vriendin wat Katie aangeraai het om die slakslym te gebruik. Sy’s regtig beïndruk met hoe sag haar vel voel en hoe goed dit lyk."

- Bang Showbizz