Aanhangers van die TV-reeks vra al jare dat die akteurs ’n spesiale reünie moet hou, maar niks het nog daarvan gekom nie – maar Katie (36) het aan US Weekly gesê as enigeen dit kan regkry, is dit Jimmy.

“Daar is al baie daaroor gepraat. Toe ons die slotepisode gemaak het, het dit vyf jaar later afgespeel, so ons het dit eintlik gedoen. En Michelle (Williams) se karakter is dood in die laaste episode, so ja, ’n mens weet nooit. Bel dadelik vir Jimmy Fallon!” het sy laat hoor.

Die reeks, wat in die fiktiewe kusdorpie Capeside in Massachusetts afspeel, is vir ses seisoene, vanaf 1998 tot 2003, uitgesaai. Dit het die wel en weë van die fliekfoendi – en hopelose romantikus – Dawson Leery (James Van Der Beek) en sy vriende Pacey Witter (Joshua Jackson), Joey Potter (Katie) en Jen Lindley (Michelle) gevolg.

Die akteurs het almal suksesvolle loopbaan in televisie en rolprente uitgekerf, hoewel Katie se persoonlike lewe die afgelope paar haar loopbaan oorskadu het.

Die aktrise is in November 2006 met die akteur Tom Cruise in Bracciano, Italië getroud – sewe maande ná hul dogter, Suri, se geboorte. Katie het egter ná vyf en ’n half jaar se getroude lewe die beroemde Sciëntoloog om ’n egskeiding gedagvaar.

Sy het toesig oor Suri (nou agt) gekry en hulle het onlangs Los Angeles toe getrek nadat hulle vir ’n paar jaar in New York gewoon het.

© Cover Media