Die 35-jarige aktrise is die enkelma van Suri Cruise (8), die dogter wat sy by haar haar eksman, Tom Cruise, het.

En in ’n onderhoud met die Amerikaanse tydskrif People erken die ster sy is onseker oor haar ouerskapvaardighede.

Die Batman Begins-ster het die vrae bespreek wat sy haar vra oor die grootmaak van haar enigste kind.

“Is ek genoeg? Doen ek genoeg? Het ek haar genoeg gesien?” wonder sy, en voeg by haar gevolgtrekking is nie altyd positief nie.

“Raai wat? Jy is nie genoeg nie. Sy het jou nie genoeg gesien nie. Jy is aaklig. Dis hoe ek soms voel,” erken Katie.

Maar sy laat nie toe dat die bekommernisse haar onderkry nie. Die aktrise gee toe dat sy as ouer moet aanhou en vertroue hê in haar vermoë.

“Jy doen jou bes. Party dae voel jy baie goed oor jouself en ander dae nie,” sê die skoonheid.

Sy het ’n staatmakerspan “vriendinne van alle ouderdomme” waarop sy “leun” vir morele steun. Maar Katie sê al is sy gelukkig genoeg om hulp te kan aanstel, verminder dit nie haar verantwoordelikhede nie.

“Ja, ek het hulp, maar, weet jy, dis jou baba,” het Katie aan die publikasie gesê. “Jy wil die een wees wat daar is.”

En wat die beoordeling van jou of ander se ouerskapvaardighede betref, dink die voormalige Dawson’s Creek-gunsteling ons moet ontspan. Sy het ’n brokkie raad vir ander wat onseker is oor hul vaardighede as ouer.

“Ek dink ons moet almal ontspan,” sê Katie. “Verslap die verwagtings en die bekommernis. Ons probeer almal ons bes.”

© Cover Media