Die voormalige verpleegster, wat sowat drie jaar tot Oktober 1999 met die Thriller-sanger getroud was, wil glo voogdyskap hê oor hul seun, Prince (17), dogter, Paris (15), en sy seun, Blanket (12) – wat via ’n surrogaat gebore is – omdat sy meen hul wettige voog en ouma, Katherine, is te oud om behoorlik na hulle om te sien.

Maar ’n bron het aan People.com gesê: “Katherine is nie bekommerd daaroor nie; dit sal nooit gebeur nie. Sy het nog nie amptelik of nie-amptelik ’n woord hieroor van Debbie Rowe gehoor nie, en haar prokureurs het haar ook nie gekontak nie.”

Katherine (83) deel toesig oor die kinders met hul neef T.J. Jackson, en woon saam met hulle in Los Angeles. Michael se broers, Jermaine, Tito, Jackie en Marlon Jackson, het Debbie onlangs daarvan beskuldig dat sy haar kinders vir geld verlaat het nadat haar en Michael se paadjies geskei het.

Hulle het gesê: “Ons is verbaas dat me. Rowe nou besluit het om hul lewe te betree nadat sy haar kinders soveel jare gelede vir geld verlaat het.”

Debbie het ná Michael se dood in 2009 haar verhouding met haar dogter, Paris, stadig begin herbou.