Kate Winslet spot dat ’n rolprent oor haar liefdeslewe ’n hele klomp aflewerings tot gevolg sou hê aangesien sy verskeie kere getroud was.

Die Britse aktrise was oor die jare romanties betrokke by ’n hele klomp beroemde mans. Sy het voorheen al die knoop deurgehak met die regisseurs Jim Threapleton en Sam Mendes.

Sy is tans met Ned Rocknroll getroud en sy het ’n seuntjie, Bear, saam met hom.

En nee, sy gee geensins om om die vermaak te aanskou wat haar onstuimige verhoudingsgeskiedenis haar aanhangers bied nie.

Lees ook: Mariah Carey beplan nie een nie, maar drie uitspattige troues

“O, jitte! Wel, ek was drie keer getroud, dit is al ’n begin!” het sy teenoor die Britse tydskrif OK! gegrinnik toe sy onlangs gevra is oor watter drie oomblikke sy sou gebruik as daar ooit ’n rolprent oor haar gemaak word.

“Ek dink my lewensgeskiedenis sou in ’n hele klomp aflewerings uitgebeeld kan word.”

Kate is gewoond daaraan om in prente wat op die werklikheid gebaseer is, te speel.

Sy het reeds Finding Neverland, wat oor J.M. Barrie, die skrywer van Peter Pan handel, en die biografiese rolprent oor Steve Jobs op haar kerfstok.

In laasgenoemde prent vertolk sy die rol van Joanna Hoffman, die bemarkingsbestuurshoof vir Apple, met Michael Fassbender in die titelrol.

Lees ook: Sewe van die vreemdste huweliksaansoeke in Hollywood

Kate het ’n dramatise transformasie ondergaan vir dié rol wat sy gekry het nadat sy ’n selfie aan die regisseur, Danny Boyle, gestuur het.

“Ek lyk nie naastenby soos die regte Joanna Hoffman nie,” het Kate onthou.

“So toe het my dierbare man na ’n pruikwinkel gegaan en ’n paar pruike gekoop – een kort en een middelmatig lank – en ek haal al die grimering van my gesig af, sit ’n bril op, stileer die kort, donker pruik volgens Joanna se styl, neem ’n foto van myself en stuur dit aan Danny-hulle.”

Gelukkig het die vreemde metode geslaag en haar vertolking van die rol het gesorg dat sy vir haar sewende Oscar benoem is.

Kate het vantevore ’n goue beeldjie huis toe geneem vir haar rol in die 2008-rolprent The Reader. Sy het ook Sondagaand die Bafta-prys ontvang vir haar rol in Steve Jobs.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk: Dié vernuftige truuk kan jou baie pakplek spaar

Leo nog ’n treetjie nader aan Oscar-glorie

E-sigarette moontlik meer skadelik vir jou ongebore baba as gewone tabak

Al ooit gewonder wat doen suksesvolle sterre naweke?

Dié vrou se ‘gebreekte’ Fitbit het eintlik ’n ongelooflike geheim verklap