Dit is onlangs bekendgemaak dat die 32-jarige en haar man, prins William, hul tweede kind verwag. Hul eersteling, prins George, is in Julie verlede jaar gebore. Die ongebore baba se geslag is nog onbekend, maar Catherine – wat voor haar troue as Kate Middleton bekendgestaan het – is glo gretig vir ’n groot kroos. Die donkerkop en William wil hulle blykbaar vestig by Anmer Hall in Norfolk, ’n gesinshuis soortgelyk aan die een waarin William en sy broer, Harry, grootgeword het.
'Sy weet reeds wat sy wil hê – drie meisies en twee seuns.'

“Catherine praat dikwels oor haar droom om die slaapkamers van Anmer Hall met kinders te vul. Sy weet reeds wat sy wil hê – drie meisies en twee seuns,” het iemand aan die binnekring aan die Britse tydskrif Look gesê.

“William voel dieselfde. Ek stel my voor William is dol oor die idee van sy eie sportspannetjie, en onthou hoeveel pret hy met sy pa, prins Charles, en Harry gehad het.

"Toe Catherine sien hoe vaardig William met George was, het sy besef sy wil ’n groot gesin hê.”

Terwyl sy swanger was met George, het Catherine gesukkel met akute oggendnaarheid, wat nou ook in haar tweede swangerskap teenwoordig is. William het aan aanhangers gesê sy vrou “voel oukei” en al sukkel sy, probeer sy verby die onaangenaamheid kyk.

“Swangerskap was nie maklik vir haar nie, maar sy is so moederlik en kry haar grootste sin vir lewensdoel uit moederskap. Dit is wat haar aanmoedig om nog kinders te hê,” het die bron bygevoeg.

© Cover Media