Kate se gewone glansende haredos het effens vaal gelyk en ’n paar grys hare was selfs te bespeur. Toe die hertogin dié foto’s van haar in die media sien, het sy glo dadelik ’n noodafspraak gereël by Engeland se duurste haarkapper.

[caption id="attachment_60962" align="aligncenter" width="500"]Foto: London News Pictures/REX Foto: London News Pictures/REX[/caption]

Sy het glo ses uur by die Rossano Ferretti-haarspa in Londen deurgebring. ’n Afspraak by die Italiaanse Rossano kos sowat R10 000.

Die hertogin het glo kort ná twaalfuur by die salon opgedaag en is ’n halwe dag lank in die privaatheid van die BBP-suite gepamperlang tot haar hare weer glansend en gesond gelyk het.

[caption id="attachment_60963" align="aligncenter" width="500"]Kate se hare was weer glansend ná haar besoek aan die salon. Foto: Ken Goff Rota/GoffPhotos.com  (Magazine Features) Kate se hare was weer glansend ná haar besoek aan die salon.
Foto: Ken Goff Rota/GoffPhotos.com (Magazine Features)[/caption]

BRON: dailymail.uk