Dis 'n snikhete somer inBrittanje, maar dis die koms van ’n piepklein bondeltjie wat almal sedert Desember skoon koorsig van opgewondenheid het. Die hertog en die hertogin van Cambridge se langverwagte eersteling is uiteindelik op 22 Julie om 16:24 gebore – ’n stewige seuntjie van 3,798 kg. Kate het gehoop op ’n natuurlike geboorte en dit gekry – al was dit lank ná die verwagte datum. Die trotse pa het die nuus oor die telefoon aan sy ouma koningin Elizabeth oorgedra dat ’n nuwe troonopvolger gebore is...

Lees Nicola Whitfield se volle berig op bl. 10 van Huisgenoot - uitgawe 1 Augustus 2013

huisgenoot cover (2)