Skeptici en skinderbekke se tonge het geklap toe die Hertogin van Cambridge so mooi gelyk het die oomblik wat sy by die Lindo-vleuel uitgestap het kort na haar tweede kind se geboorte.

Een Russiese koerant beweer selfs dat die koninklike geboorte alles vals was. Sy was te mooi om pas geboorte te gee het die koerant, Komsomolskaya Pravda, geskryf. Hulle glo die baba moes deur ’n surrogaat gebore word.

Maar 30 jaar gelede het prins William se ma Diana, deur dieselfde deure geloop met die pasgebore Harry in haar arms en die wêreld se harte nog verder verower.