Hertogin Catherine van Brittanje eet kerrie tydens haar swangerskap.

Toe die hertogin, wat haar eerste kind in Julie verwag, in April by haar familie gaan kuier, het sy ’n pikante, tuisgemaakte groentegereg geëet wat Hash en Chan Shingadia vir haar gekook het.

Hulle bestuur ’n Spar-winkel naby Catherine se ouerhuis in Upper Bucklebury, Berkshire, in die suidooste van Engeland.

Hash sê: “Sy hou van my vrou se kookkos. Ons kook vir haar ma en familie.”

Chan het aan The Sun gesê: “Ek is ’n vegetariër. Ek kook net vegetariese kerrie.”

Die egpaar het Catherine en haar man, prins William, ook geloof vir hul plat op die aarde geaardheid nadat hulle hulle jare lank in hul winkel bedien het.

Chan het gesê: “Ons het Kate baie goed leer ken. Sy is baie sorgsaam. Sy is soos ’n gewone mens, nie ’n glansmens nie, en sy is altyd ’n goeie klant. William is baie nederig.”

Hash en Chan was onder die dorpenaars wat na die koninklike egpaar se troue in April 2011 genooi is en het destyds onthul Catherine is ’n aanhanger van Chan se kos.

Hash sê: “My vrou het ’n rukkie gelede vir haar kerrie gemaak wat sy geniet het. Ek dink sy het eendag ingekom en my vrou het op die boonste verdieping staan en kook. Sy het gesê dit ruik heerlik en toe gee my vrou vir haar daarvan om huis toe te neem.”