Kate Middleton, die hertogin van Cambridge, is gereed om in die nuwe jaar dinge vir ‘n goeie doel te doen.

Die hertogin het onlangs vyf liefdadigheidsorganisasies geïdentifiseer waarop sy vanjaar haar tyd en energie sal fokus, hetPeople.com berig.

Dié liefdadigheidsorganisasies sal natuurlik ook die golf van haar publisiteit ry.

Kate, wat Maandag 30 word, sal soos prinses Diana ook haar tyd afstaan aan ‘n groep kinderhuise en ‘n verslawingsoord.

Volgens ‘n bron uit die paleis moes Kate deur honderde versoeke en aansoeke sif alvorens sy haar besluit kon maak.

“Sy het haar eie navorsing gedoen en sy het hulle gekies nadat hulle haar genader het,”  het die bron gesê.

Volg Huisgenoot op Twitter.