Sy het by die winkel Old Stables in Norfolk ingeloer terwyl prins William gedienstig in die motor gewag het. Die eienares van die winkel, Caroline Combe, het aan Tatler gesê die hertogin het na verskeie items gekyk en afslag gevra.

“Sy het natuurlik ’n groot huis om te versier. Maar ek is mal daaroor dat sy gevra het.

“William het nes enige man gelyk wat gedwing word om saam met sy vrou te gaan inkopies doen – doodverveeld!”