Die numeroloog Sanjay B. Jumaani glo die hertogin, voorheen bekend as Kate Middleton, gaan ’n strenger ouer as haar man, prins William wees. Hul kleinding word in Julie verwag.

“William gaan meer ontspanne as Kate wees. Sy gaan ’n streng en gesaghebbende ouer wees. Sy gaan gedissiplineer en baie betrokke wees.”

Volgens Sanjay se ontleding komplementeer Catherine William omdat sy “proaktief” is en hom help motiveer.

Hy het aan HELLO! Online verduidelik: “Sy is nie lui nie; sy is van nature proaktief en sal doen wat van haar verwag word. Dit is nuttige eienskappe vir prins William, wat meer ontspanne is. Sy is sy dryfveer. Sy gaan dalk aanvanklik meer ambisieus wees, maar hy kom ook sy verantwoordelikhede na. Sy sterreteken is Tweeling en hy sal goed vaar in die media en met kommunikasie en openbare toesprake.”

Die numeroloog het voorspel die paartjie gaan ook ’n tweede kind hê. “As jy kyk na prins William se syfers, lyk twee kinders na ’n besliste moontlikheid. Hy is ’n Tweeling en dinge gebeur gewoonlik in tweë vir hulle, maar dis onmoontlik om ’n tweeling met numerologie te voorspel.”