DIE troureëlings word veilig toegesluit in ’n vuurvaste kluis in ’n kantoor eenkant op die grondvloer van St. James-paleis in Londen. Net een howeling het die sleutel: prins William en Kate Middleton se privaat sekretaris, Jamie Lowther Pinkerton.

Dié oud-weermagoffisier met die stewige handdruk, innemende glimlag en fyn oog vir detail orkestreer die groot dag.

Jamie het ’n eenvoudige opdrag: dis nou wel ’n koninklike troue, maar dis ook William en Kate se groot dag, en by die prag en praal wil die twee hul stempel daarop afdruk. “Hulle is volkome in beheer,” sê Jamie. “Hulle gee ferm leiding oor alle aspekte daarvan.”

Anders as wyle prinses Diana destyds, mag Kate elke besonderheid van die beplanning monitor – van die gastelys tot die tafelplanne.

Lees die volledige artikel  in die Huisgenoot van 10 Maart 2011