Catherine het verlede naweek die lewe geskenk aan die paartjie se tweede kind, ’n dogertjie genaamd Charlotte Elizabeth Diana. Hulle het die St. Mary-hospitaal in Londen, Engeland 12 uur nadat hulle daar ingestap het met hul bondeltjie vreugde, verlaat. Klein George het ná die geboorte met sy pa daar aangekom.
Noudat hulle terug by hul gesinshuis Anmer Hall in Norfolk is, is Catherine en William vasbeslote om hul oudste op sy gemak te laat voel.

Noudat hulle terug by hul gesinshuis Anmer Hall in Norfolk is, is Catherine en William vasbeslote om hul oudste op sy gemak te laat voel.

“Kate was bekommerd oor al die bohaai rondom die tweede baba. Sy weet hoeveel aandag die nuwe koninlkike baba in die weke ná die geboorte gaan kry, en sy wil seker maak George is so onaangeraak deur alles as moontlik,” vertel iemand in die binnekringe aan die Britse tydskrif Closer.

“Hulle het hom probeer voorberei vir die nuwe baba en sy rol as ouboet, maar dit gaan nog steeds vir hom ’n groot verandering wees – hy is immers net 21 maande oud. Kate en William het reëls vasgestel om hom te help aanpas.”

Een van die reëls is om seker te maak dat een van hulle met George tyd deurbring terwyl die ander een klein Charlotte versorg, en met ’n nuwe speelgoedtreinstel van sy pa, gaan die kleinding beslis homself lekker kan vermaak.

Hulle het glo ook die raad gedeel met familielede, wat William se broer, prins Harry, en Catherine se suster, Pippa Middleton, insluit.

“Hul nabye familielede is gevra om gedagtig te wees daaraan as hulle koer oor die nuwe baba en nie vir klein George uit te sluit as hy in die vertrek is nie, en om altyd seker te maak hy word betrek as hulle met die nuwe baba speel,” vertel die bron.

© Cover Media