Meer as 18 jaar het al verloop sedert Kate en Leonardo mekaar op die stel van Titanic ontmoet het.

En hoewel hul eerste verhouding op die silwerdoek tragies geëindig het, het die twee se toegeneentheid jeens mekaar voortgeleef.

Die twee sterre, wat weer saam op die groot skerm was in Revolutionary Road van 2008, het goeie vriende gebly.

Kate (40) het trane van blydskap gestort toe Leo verlede maand sy eerste Oscar ontvang vir sy rol in die rolprent The Revenant.

Lees ook: Leonardo DiCaprio se Oscar-droom word uiteindelik waar

Nou onthul ’n bron na aan die akteurs die twee hou hul vriendskap in stand deur mekaar te steun waar moontlik.

“Kate en Leo het van die begin af ’n broer-suster-vonk gehad,” het ’n bron aan die Britse tydskrif Heat vertel.

“Hulle was nog altyd daar vir mekaar. Hulle is dalk nie in dieselfde land nie, maar hulle praat gedurig oor die foon.”

Die bron het bygevoeg die twee het altyd voorstelle afgemaak dat hulle ’n paartjie moet wees voor Kate in 2012 met Ned Rocknroll getroud is.

“Albei het geweet as hulle ooit sou saam slaap, hulle nie die verhouding sou kon hê wat hulle nou het nie. Hul vriendskap het so lank oorleef omdat hulle dit vermy het,” het die bron beweer.

Lees ook: Kate Winslet meen haar liefdeslewe is ideale rolprentmateriaal

Daar was dalk nie romanse nie, maar daar is beslis respek tussen die twee en Leo (41) geniet dit om tyd saam met Kate se drie kinders deur te bring.

“Kate beoordeel hom nie en Leo is wonderlik met Kate se kinders, Mia, Joe en Bear – hulle noem hom oom Leo. Dis die volmaakte verhouding,” het die bron verduidelik.

Nadat hy sy verhouding van twee jaar met Gisele Bündchen in 2005 beëindig het en in 2011 met Bar Refaeli uitgemaak het, is Leo se naam aan dié van ’n rits hubare vroue verbind – onder andere die modelle Erin Heatherton en Toni Garrn en die sangeres Rihanna.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

‘Ek moes dae lank na leuens luister,’ sê regter in Zephany-saak

Die ooievaar is omtrent besig onder bekendes – kyk wie se dogtertjie is ook gebore!

Liam Payne dolverlief op Cheryl Fernandez-Versini

Twee vissermanne sterf ná boot aan Weskus omslaan

Drie verdagtes vas ná Tokai-moord