Die ses maande oue Milo het verlede naweek ’n kastrasie ondergaan en agterna op sy eienaar se bed uit narkose ontwaak. Toe hy afkyk en besef sy testikels is verwyder, maak Milo ’n afgryslike skreeugeluid. Volgens sy eienaar, John Reed, het dit ’n rukkie geduur voor Milo besef het sy testikels gaan nie terugkeer nie. “Hy’t afgekyk en besef dis weg en toe verskriklik geskree. Hy het lank daarna gestaar.” John erken hy en sy vrou het ten spyte van Milo se afgryse sy skreeusnaakse reaksie hoogs vermaaklik gevind. “Dit was onbeskryflik. Ek het gelag. Ons het sedertdien al lekker gelag vir die foto’s. Die tweede een is ongelooflik.”

:

BRONNE: dailymail.co.uk, metro.co.uk