Sy het eers losgekom nadat sy deur ’n koelmiddelpyp gekou en dit veroorsaak het dat ’n waarskuwingslig in haar eienaar se motor geflits het.

’n Kat het oorleef nadat sy twee weke in ’n motorenjin vasgesit het.

Die gelukkige kat, Princess, is onder die enjinkap van haar eienaar se BMW gekry nadat sy deur die verkoelmiddelpyp gekou het en dit veroorsaak het dat die enjin se waarskuwingslig begin flikker het.

Julie Tansley, die kat se eienaar, het deur die strate na haar geliefde kat gesoek tot ’n lig op die motor se paneelbord begin flits. Sy het toe na die enjin gekyk en Princess se kop tussen die onderdele sien uitsteek.

Julie sê: “Ek het geen benul hoe sy haar daar ingewriemel het nie. Dis net ongelooflik. Ons het skool en werk toe en selfs deur die spuitwas gery terwyl sy daar binne was. Ek ys om te dink wat kon gebeur het as die waarskuwingslig nie aangegaan het nie.”

Princess is binne ’n driekwartier uit die enjin bevry. Buiten ’n bietjie verkoelmiddel op haar pels en die feit dat sy ’n bietjie maerder geword het, het die sesjarige kat ongedeerd daarvan afgekom. Julie moet nou sowat R 2 950 opdok om die skade te herstel wat die stout kat veroorsaak het.

Sy het bygevoeg: “Dit het ’n bietjie meer as £300 (R4 350) gekos om die pyp te vervang. Dus is dit ’n duur manier om met jou kat te reis.”