Hulle is die TV-gashere wat ons gunsteling-sangers tot in ons voorkamers bring.

En afhangend van die aard van die program wat hulle aanbied, hoor ons van klassieke klanke tot die wildste rock.

Maar wat sou die aanbieders van dié musiekprogramme kies as hulle die speellys kon saamstel?

Patricia Lewis vertel meer...

JOU VYF GUNSTELING LIEDJIES VAN ALLE TYE?

1 Bon Jovi se It’s My Life.

2 Olivia Newton John se Hopelessly Devoted. Ek het dit op ons troue vir my man, Mark Whitfield, gesing.

3 Shania Twain se From This Moment.

4 Abba se Thank You for the Music, want dit herinner my elke keer hoe dankbaar ek is dat musiek so ’n groot deel van my lewe is.

5 Twinkle Twinkle Little Star. Dit is die eerste liedjie wat my seun, Max, geleer het en hy sing dit steeds in die stort.

NA WATTER MUSIEK LUISTER JY GLAD NIE?

Marilyn Manson en enigiets wat satanisties klink of is.

WAT REKEN JY IS DIE VYF BESTE ALBUMS VANALLE TYE?

As ek vir die res van my lewe net na vyf albums mag luister, sal dit Bon Jovi se Greatest Hits, Shania Twain se Come On Over, Grease se klankbaan, Abba se Gold: Greatest Hits en Adam Lambert se For Your Entertainment wees.

WATTER LIEDJIE SAL JOU ALTYD BYBLY?

Die Bee Gees se How Deep Is Your Love. Ek en my man het op ons troue die dansbaan daarop geopen.

AS JY ENIGE ANDER SANGER KON WEES,WIE SOU JY WOU WEES?

Shania Twain. Sy is ’n baie veelsydige sanger, fantastiese liedjieskrywer en dis lekker om vir haar te kyk en luister.

VERTEL VAN DIE SNAAKSSTE OOMBLIK OP STEL

Daar was al soveel en die meeste het te doen met my wat van my verskriklike hoë polvye afval, liedjies se woorde vergeet en my lag moet probeer hou terwyl die afrigters vir my snaakse gesigte trek. Ek het ook al van die verhoog af tot binne-in die gehoor geval!

Lees in die lente-uitgawe van Tempo ook wat Elma Smit, Francois Toerien, Lindie Strydom en Tobi Jooste se keuses en staaltjies is.