Fairview_Fish_Pie

Resep deur Fairview

Bedien: 4

Jy benodig:

  • 250g stokvis 

  • 250 g gerookte skelvis
  • 125 g steurgarnale; afgedop en ongekook
  • 1 wortel
  • 1 selderystingel
  • 100 ml pietersielie; fyngekap
  • 1 klein rissie, fyngekap (opsioneel) Salt and pepper to taste
  • 125 ml room
  • 1 eetlepel meel
  • Sap van 1 suurlemoen
  • 500 g aartappels
  • 125 g botterskorsie
  • 225 g Fairview Erik's Selection Mature Goat's Gouda; gerasper
  • Botter
  • Melk

Maak seker die vis is in klein blokkies gesny, met die bene en vel verwyder.  Gooi die vis en steurgarnale saam met die meel in ’n plastieksakkie, en skud goed. Haal uit die sakkie en pak in ’n bak.

Geur met sout en peper, en giet die suurlemoensap bo-oor. Rasper die wortel, seldert en 125g van die kaas bo-oor die vis, sprinkel die pietersielie en rissie bo-oor en giet die room oor. Sit eenkant.

Kook die botterskorsie en aartappels in ’n pot gesoute kookwater tot sag. Maak fyn met ’n aartappeldrukker en voeg die botter en melk by. Geur met sout en peper.

Roer die oorblywende 100g gouda by.

Skep die mengsel bo-oor die vis en bak vir 40-45 minute in die oond tot goudbruin.

Vir hierdie resep en ander treffers, besoek Checkers.