Cheese_Potato_Bake

(Genoeg vir 4 - 6 mense)

Jou benodigdhede:

  • 6 groot bakaartappels
  • sout en peper na smaak
  • blare van 2 takkies roosmaryn
  • 125 ml (½ k) room
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 250 ml (1 k) sterk cheddarkaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n bakplaat en voer dit met bakpapier uit. Kook die aartappels in gesoute water tot net gaar. Laat effe afkoel. Skil dan en sny in skywe. Rangskik ’n paar skywe in ’n laag in die bak, sprinkel van die kaas oor en herhaal 3-4 keer, maar moenie kaas oor die laaste laag sprinkel nie.  Sit die knoffel, roosmaryn en room in ’n kastrol oor matige hitte. Verhit tot dit net wil kook. Giet die roommengsel versigtig oor die aartappels en sprinkel die oorblywende kaas oor. Bak tot dit borrel en die meeste van die vloeistof geabsorbeer is en die kaas goudbruin is, sowat 30-40 min.

- Resep deur Cakebread 

Besoek Checkers vir nog resepte.