Net ’n blok anderkant Hanover se imposante eeu oue NG kerkgebou is Darlingstraat met lang wit-en-rooi staalversperrings toegemaak.

Die rustige Karoodorp is skielik ’n miernes van bedrywighede.

Groot kolligte staan in die straat terwyl tegnici ’n TV-kamera opstel en die laaste klanktoetse doen.

Op die straathoek drom ’n paar nuuskierige inwoners saam en wys met die vinger toe die akteurs Chris van Niekerk, Marcel Schoeman en Clara Joubert nader staan.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.