Iemand moes hierdie dief gewaarsku het boontjie kry sy loontjie.

Terwyl hy na sy motor terughardloop, word hy onverhoeds betrap toe die huiseienaar hom agternasit nadat dié hom van binne die huis gewaar het.

Die verbaasde dief laat die pakkie val, maar karma is nog nie klaar met hom nie.

Steeds op die dief se hakke, gryp die huiseienaar ’n handsak deur ’n oop ruit uit die motor voor die skelm wegkom.

“Hierdie mense het geen vrees nie. Daar was drie motors in die oprit en die vrou in die passasiersitplek het selfs oogkontak met ons volwasse dogter gemaak,” het die huiseienaar aan Metro.co.uk gesê.

“Ek het my hand by die ruit ingesteek en hulle probeer keer. Hy het nie omgegee dat ek haar arm vasgehou het nie. En toe hy begin wegry, het ek haar handsak gesien en dit gegryp met die hoop dat daar ’n ID in is en dit aan die polisie oorhandig.”

Bronne: metro.co.uk, youtube.com