karlien-maag-1

Die Afrikaanse sangeres Karlien van Jaarsveld het vanoggend dié foto van haar maag op Facebook geplaas en bygeskrif: “Mamma is al klaar soooooo verlief op haar twee manne! Die pens raak groot, hoor!”

Karlien is nou ses mande swanger met haar en Derick Hougaard se tweelingseuns en dit gaan goed met die swangerskap.

“Hulle is baie woelig en beweeg ekstra baie wanneer ek optree. Hulle hou duidelik van musiek en ek crave die hele tyd Wakaberry Frozen Jogurt,” sê Karlien. Die knapies sal na verwagting in Februarie gebore word.

- Suzanne Venter