Die gewilde Afrikaanse sangeres, Karlien van Jaarsveld, het op Twitter aangekondig dat sy en haar man, Derick Hougaard, hul eersteling verwag.

Sy het getwiet: "Daar's 'n klein Hougaard oppad..."

En kort daarna het haar broer, Bobby van Jaarsveld, haar ook op Twitter geluk gewens: "@KarlienVanJ is Swanger!!!!!!! Geluk my ou swarrie @derickhougaard"

Karlien en Derick is in Maart vanjaar getroud.

KLIK HIER vir foto's van Karlien en Derick.