Dis selfs merkwaardiger dat dit bereik is voor die tweede snit op die album aan radiostasies beskikbaar gestel is.

“Karlien wik en weeg nog oor watter tweede snit van die album uitgereik sal word," sê Jenny Griesel, Karlien se bemarkingsagent, "maar gesprekke is reeds aan die gang oor die skiet van ’n volgende musiekvideo en TV-veldtog wat die blootstelling van die nuwe CD verder sal laat uitkring.”

Karlien, Johan Vorster en Christoph (Appel) Kotze het die snitte geskryf.

“Dis nie net bewonderaars wat Karlien hoog aanskryf nie," sê Jenny. "Apple Music het besluit om hul steun aan die musiekvideo van die titelsnit toe te sê en dit was agt weke lank op Apple Music en iTunes beskikbaar.

"Die enkelsnit, Sing vir Liefde, is op Valentynsdag aan radiostasies gestuur, ’n besluit wat mense laat regopsit en kennis neem het,” vertel Jenny.

Jenny sê terwyl die ekonomie mense hul sente twee keer laat omdraai, lewer die goue status bewys van mense se honger vir ’n goeie Afrikaanse album – een met lekkerluister-popklanke en wat ’n positiewe boodskap uitdra wat luisteraars goed sal laat voel.

Karlien sê die album laat haar vry en lig voel, asof sy nuut begin. “Ek is mal oor die nuwe album en hoop dat dit dieselfde vir die mense wat dit luister sal bring: lig en vrede – en 'n glimlag.”