Die popprinses Karlien van Jaarsveld is swanger met haar en die oud-rugbyspeler Joe Breytenbach se eerste kind.

Karlien het die blye nuus in ’n inskrywing in sosiale media gedeel waar sy haar swangerskap met haar derde kind aankondig.

"Ons is op die Amalfi-kus in Italië, dis asemrowend mooi hier - spesiale tye! Ek en Joe het gistraand baie gehad om te vier - ons het 'n babatjie wat op pad is!!!! Ek kan nie glo dat ek wéér so bevoorreg en gelukkig kan wees nie. Dis nog 'early days', maar my hart loop oor van dankbaarheid," skryf sy op Facebook. Dié paartjie is in Maart 2017 getroud.
Karlien het reeds twee ander seuntjies, Eliah en Daniël, by haar eksman, Derick Hougaard.

Geluk, julle twee!