En selfs Bobby het sy stem dik gemaak!

Díe onderonsie het gekom nadat Rapport die naweek berig het die oud-rugbyspeler pleit by sy sangeres-eks om die duur verlowingsring van meer as R100 000, aan hom terug te gee of te verkoop, sodat hulle die geld vir hul tweeling, Daniël en Eliah, wat amper drie jaar oud is, se toekoms kan belê.

Ronél het by ’n plakkaat wat lees: “Karlien gee terug my ring” geskryf: “Ek wonder nou. As Karlien die ring teruggee, sal hierdie dan eindig? Indien wel, sal ek persoonlik die ring vir Derick vat.” Sy was ontsteld dat haar dogter weer op ’n voorblad verskyn sonder dat sy daarvoor vra of onderhoude toestaan. Derick het Maandag egter op haar twiet teruggekap en gesê: “O so jy reply op Sosiale Media. Dog jy ken die media. Obviously nie. As jou kind 30 is. Moet sy seker al haar eie battles fight.” (SIC)

En kort daarna: “En jy het my address so kom laai my goed af. Wou jou 5% finders fee gee. Maar klaar rapport 10% belowe.” (SIC)
Hierop het Ronél geantwoord: Ek’t een algemene ‘statement’ op twitter gemaak. Fout. Ek gaan nie in twitter geveg betrokke raak nie, Derick. Alles vd beste.
Maar dit was klaarblyklik reeds te laat, want toe spring ook Bobby, Karlien se broer in. @derickhougaard Jy praat nie so met my ma en my suster nie. Dit STOP nou! Los nou ons familie uit. Karlien het aanbeweeg. Jy moet ook.

Derick en Karlien het op 24 Augustus verlede jaar aangekondig hulle gaan skei. Karlien het in tussen aan die rugbyspeler, Joe Breytenbach verloof geraak.