“Karlien is opgeneem in die hospitaal! Die tweeling is op pad!”

Só het Bobby van Jaarsveld op Facebook aangekondig.

Karlien van Jaarsveld en haar man Derick Hougaard het in Junie aangekondig dat dié gewilde Afrikaanse sangeres swanger is. Kort daarna het dit geblyk dat hulle tweelingseuntjies verwag.

“Nog nooit so vinnig van vakansie af gejaag nie,” het Bobby ook op Twitter bygelas; hy en sy gesin hou in Sodwanabaai vakansie.

Karlien is nou tussen 32 en 34 weke swanger.

– Christiaan Boonzaier.