Karlien van Jaarsveld is amptelik Mevrou Breytenbach!

Sy en die oud-rugbyspeler Joe Breytenbach het onlangs getrou en sy het aanhangers 'n kykie in hul spesiale dag gegee deur 'n foto op te laai waarby sy geskryf het "Vandag kan ek met oorgawe en soveel dankbaarheid vir jou sê - moet nooit opgee op die liefde nie".

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Gelukwense het van oral ingestroom en aanhangers is duidelik verheug oor die paartjie se goeie nuus. Baie mense wou weet of Karlien en Joe Sondag, die dag waarop sy die inskrywing gedeel het, getrou het.

Karlien het egter aan aanhangers bevestig hulle is reeds getroud en bygevoeg sy "werk vandag".

Lees ook: Popprinses Karlien van Jaarsveld mesmeraais in skattige skoffelvideo saam met haar kêrel!

Karlien en Joe het in September 2016 bekendgemaak hulle is verloof.

Sy het hom beskryf as "net ‘n gewone ou, met ‘n gewone werk wat lief is vir gholf…en ‘n bier om te ontspan.”

Lees ook: Karlien se ‘gewone Joe’ bederf haar met liplekker-springbokblad – hier’s ons resep!

Volgens Karlien het hulle al 11 jaar gelede in Potchefstroom ontmoet en “gesoen”, maar Joe het toe Frankryk toe gegaan en die verhouding het nie gevorder nie.

Sy het toe bygevoeg sy is “baie opgewonde” om die nuus met haar aanhangers te deel.