Die tweeling is kort voor Kersfees ’n maand te vroeg gebore, en was van toe af nog in die hospitaal.

Karlien het gisteraand op Facebook gesê: “Jammer ek gesels ’n biejie min... Dis besig met twee babaseuntjies. Dis my eerste nag van pajamadril... Skrikkerig maar net te opgewonde. Kyk elke sekonde of hulle asemhaal... Ons weet julle wil ook foto’s sien, ons gaan vir eers nie foto’s op sit nie, maar sal julle hier op hoogte hou. Baie baie dankie vir almal se liefde en boodskappe. Xx”

Ouma Ronel Brink, Karlien se ma, is net so bly dat haar kleinseuns kon huis toe kom en het op Twitter aangekondig: “My hart loop oor. Daniël en Eliah is tuis! Heerlik met hulle ge-bond vandag en ouma is vroeg môreoggend weer aan diens... #Geseënd”