Dis nie ’n troue nie, dis ’n bruilofsfees.

Die sangeres Karlien van Jaarsveld en die rugby-yster Derick Hougaard se huweliksviering het gisteraand al begin.

Vriende en familie het van heinde en verre saam kom kuier in die pizza-restaurant op die Brenaissance-wynlandgoed in die Devonvallei naby Stellenbosch.

“Ek kan skaars wag om my vrou in die paadjie te sien afstap,” het Derick gesê.

“Die huwelik is ’n instelling van God. Ons het doodseker gemaak en weet nou dis die regte besluit. Ek kan skaars wag dat ons een voor Hom word!” vertel Karlien.

Die huwelikseremonie begin vanmiddag halfvier op Brenaissance.

“Daar gaan baie verrassings wees,” beloof Karlien se ma, Ronel Brink.

- Pieter van Zyl