Netwerk24 berig dié twee is vroeër vanoggend stil-stil in die Noord-Gautengse hooggeregshof geskei. Karlien se prokureursfirma, Adams & Adams in Pretoria, het die nuus in 'n mediaverklaring bevestig

Karlien en Derick het op 24 Augustus aangekondig dat hulle paadjies gaan skei. Dit volg glo na verskeie pogings deur die paartjie om hul huwelik te red, onsuksesvol was.

Die dagvaardiging wat Karlien uitgereik het, het eenvoudig die gebruiklike bewering bevat dat albei partye hul wedersydse liefde vir mekaar verloor het en dat hulle nie met die huwelik wou voortgaan nie.

Hardnekkige gerugte van die aanspreeklikheid van 'n derde party is op direkte navraag summier deur Karlien se prokureurs van die hand gewys.

Bron: Netwerk24

Lees ook op Netwerk24: