Kyk net hoe goed lyk sangeres Karlien van Jaarsveld na die geboorte van haar twee seuntjies!

Sy het die eerste foto van die agter kant van een van die tweeling op Facebook gelaai en dit lyk of moederskap haar soos ’n handskoen pas.

In ’n kort denim broekie en plakkies, dra sy een van die twee teen haar bors.

“Eliah en Daniël vandag 1 maand oud! (Tegnies 37 weke)... Geluk my 2 lammertjies julle is die beste ding wat nog met mamma en pappa gebeur het. One down... One to go...” het sy geskryf.

Nou wag al haar aanhangers in spanning om die pienkvoete van voor te sien.

Maar Karlien en haar man Derick Hougaard is baie beskermend oor hul kroos en niemand weet wanneer die paartjie die eerste keer foto’s van hulle gaan wys nie.