“Ek is bly ek kon ’n vollengtealbum maak in hierdie tye waarin baie kunstenaars net enkelsnitte uitreik. Die album bevat oorwegend klassieke rock, en ek is ook baie trots daarop dat ek so baie elektriese kitaar speel op hierdie album,” sê Karen. “Ek hoop ek kan wanneer ek oor drie jaar 40 is ’n indrukwekkende kitaarsolo op die verhoog speel. Hoewel dit moeilik is om ’n gunstelingliedjie uit te sonder, hou sy “veral van Secrets and Lies en You Can Show It. Dit is die lekkerste liedjies om tydens optredes te speel. Nog ’n gunsteling is Nightingale; ek het dit vir my beste vriendin geskryf,” vertel Karen, wat al die lirieke self geskryf het.

'Ons moet weer die pad na onsself vind.'

Maar waar kom die album se naam vandaan?

“Tematies lewer dié album kommentaar op die ‘vernietigende verleiding’ van te veel inligting in die moderne wêreld. Dis moeilike tye, maar dit beteken nie ons moet ons onttrek nie.

“Ons moet weer die pad na onsself vind en in staat wees om stil te word sodat ons kan weet wat om te sê en wat om te doen.”

Karen is ook vir 'n Tempo-toekenning benoem in die kategorie vir TV aanbieder van die jaar vir haar TV-program, Zoid Afrika (wat ook benoem is vir TV-reeks van die jaar: Aktualiteit, Werklikheid, Speletjies). Ander benoemdes vir TV aanbieder van die jaar is: Emo Adams, Hannes van Wyk, Jak de Priester, Nádine en Nataniël. KLIK HIER om te stem.

Kyk hier na ’n video waarin Karen gesels oor die maak van die album:

En kyk hier na die video van die eerste enkelsnit, Drown out the Noise:

Karen tree ook saam met Francois van Coke op 12 Julie in die Artscape-teater in Kaapstad op. Kaartjies sal later die week by Computicket beskikbaar wees.

- Suzanne Venter