Met haar gewilde TV reeks op kykNET, Republiek van Zoid Afrika, is Karen Zoid met haar gaskunstenaars bykans weekliks bo-aan die SA iTunes-trefferlys.

[caption id="attachment_119908" align="alignnone" width="600"]Karen en Annelie saam op die verhoog. Foto: Anelia Loubser Karen en Annelie saam op die verhoog. Foto: Anelia Loubser[/caption]

Nou kan Karen se aanhangers hierdie Vrydag haar in ’n spesiale konsert by die Woordfees in Stellenbosch sien optree met gewilde gaskunstenaars soos Bobby van Jaarsveld, Emo Adams, Zolani Mahola, Kahn Morbee, Vicky Sampson en Francois van Coke. Maar, vir die eerste keer in ’n lang tyd kan Suid-Afrikaners ook weer die legendariese Anneli van Rooyen sien optree.

Lees ook: Karen Zoid en Jan Blohm gee Groen Trui saam nuwe lewe

“Ek en Anneli het verlede week in Pretoria gereperteer. En sy is ’n legend, dus om haar ná al hierdie jare saam met my op die verhoog te hê, met só groot gehoor, gaan ’n onvergeetlike oomblik wees,” het Karen aan Huisgenoot gesê.

Anneli is ewe opgewonde om by die Woordfees op te tree.

“Ek is skoon benoud, maar ek sien ontsaglik uit daarna om die atmosfeer, die mense en die musiek te beleef,” vertel Anneli.

Lees ook: Karen, Carike en Pedro zoem tot in kykers se harte

“Karen se program is ’n blockbuster! Dis ’n voorreg en ’n fees om daarvan deel te mag wees.”

[caption id="attachment_119907" align="alignnone" width="600"]Karen en Annelie vroeër  saam in aksie op Republiek van Zoid Afrika. Foto: Anelia Loubser Karen en Annelie vroeër saam in aksie op Republiek van Zoid Afrika. Foto: Anelia Loubser[/caption]

Die Republiek van Zoid Afrika-konsert is Vrydag 11 Maart om 20:00 by die Coetzenburg-stadion en is deel van die Woordfees waarvan Media24 een van die borge is. Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

Ander stories op Huisgenoot.com

Beïndruk motorgeesdriftiges as jy weet SA se Motor van die Jaar is . . .

Ma takel stigma: ‘My dogter is meer as net die geboortemerk op haar gesig’

Kyk net! Kaalbas Sharon Osbourne herskep Kim K se naakselfie

‘Dit is net God se genade’: Tweejarige terug by die huis ná boetie hom uit swembad red

Kyk: Oscar Pistorius se eks is smoorverlief!