Toe Jantjie kom Huis toe drie dekades terug deur Sonja Herholdt gesing is, was dit dadelik ’n treffer. En, Donderdagaand het Karen Zoid en Emo Adams nuwe lewe in hierdie geliefde liedjie geblaas.

[caption id="attachment_112818" align="alignnone" width="600"]Foto: Anelia Loubser Foto: Anelia Loubser[/caption]

In gisteraand se episode van die Republiek van Zoid Afrika, waarin die komediant Marion Holm ook ’n gas was, het Karen en Emo die gewilde geselsprogram met hul weergawe van Jantjie afgesluit.

Dit is dadelik daarna in Apple se iTunes-winkel beskikbaar gestel en Jantjie het vinnig die rangleer geklim tot dit uiteindelik die nommer-een posisie op die Suid-Afrikaanse iTunes-trefferlys ingeneem het.

So het Karen en haar gaskunstenaar weer stof in sterre soos Justin Bieber en Adele se oë geskop.

Verlede week het Karen met Dis ’n Land ook iTunes op horings geneem en dit was Vrydagoggend wéér in die topvyf.

In volgende week se episode (21 Januarie) gesels Karen met adv. Thuli Madonsela, Mej. Wêreld, Rolene Strauss, en sanger Vicky Sampson.

  • Lees meer oor Emo Adams en sy vrou, Michelle, se onlangse liefdesbruilhof in vandeesweek se Huisgenoot (21 Januarie 2016).