Die afgelope jaar moes ‘n baie gelukkig jaar vir Karen Botha gewees het.

Sy en haar man, die SuperSport-kommentator en rugbylegende Naas Botha, het lank uitgesien na hul 20ste huweliksherdenking en ’n heerlike viering.

Maar toe kom die terugslae: die hartseer nadat haar ma einde verlede jaar oorlede is en toe is Crohn se siekte onlangs by haar gediagnoseer.

‘‘Die oomblik as jou gesondheid van jou weggevat word, dit wat jy maar nog altyd as vanselfsprekend aanvaar het, eers dan leer jy dankbaarheid aan vir dit wat jy nog het.’’

Karen praat meer oor haar siekte en die ander uitdagings en vreugdes in haar lewe in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.

Volg Huisgenoot op Twitter.