Die skrywer van gewilde romans soos Na die Geliefde Land skryf in ’n verklaring wat sy prokureur, Carl van Rensburg, uitgereik het, hy het reeds jare gelede besluit om sy eie lewe te neem.

Hy het die brief op 27 April onderteken.

In die verklaring sê Karel dit was nie die eerste keer dat hy sy lewe probeer neem het nie.

“’n Poging op 75 is deur omstandighede gefnuik, en intussen het ek 77 geword. Dit is dus nodig om die saak nou doelgerig aan te pak terwyl ek nog oor voldoende beweeglikheid, fisieke vryheid en geestelike helderheid beskik om ’n sinvolle besluit in dié verband te neem en dit doeltreffend uit te voer,” skryf hy.

Hy skryf hy is dankbaar vir die besluit wat hy kon uitvoer.

“Die besluit om jou eie lewe te beëindig, bly natuurlik ’n hoogs persoonlike saak wat ek nie blindelings wil aanbeveel nie; dog sover dit myself betref, is ek dankbaar dat die besluit geneem en ook uitgevoer word.”

Lees die volledige verklaring hier:

karelseverklaring