Meeste families stuur blomme of verras hul geliefdes met ontbyt in die bed, maar die Kardashians doen natuurlik dinge op hul eie unieke manier.

Vir die matriarg Kris se 60ste verjaarsdag het die dames in die beroemde familie ’n musiekvideo gemaak met van hul ma se beroemde vriende.

Die video is ’n bygewerkte weergawe van die een wat Kris vir haar eie 30ste verjaardag gemaak het en Kim, Kourtney, Khloé, Kendall en Kylie wys gesig daarin. Haar vier kleinkinders, asook Kanye West, Justin Bieber, Kris se eks, Caitlyn Jenner in ’n bad, en selfs Katy Perry maak ’n verskyning en verklaar: “Wie gee ’n hel om hoe oud jy is, want jy sal altyd jonk wees in my oë.” En soos met baie dinge wat dié gesin aanvang, was daar gemengde reaksie op die video.

Sommige het gesê dis te oordadig, terwyl ander meen hulle sou hulle doodskaam daarvoor. Kyk hier na die video en besluit maar self: