New episode of #RobandChyna starts at 9/8c on E! ????

A photo posted by ROBERT KARDASHIAN (@robkardashian) on

Vroeër vandeesweek het ’n foto uitgelek waarop die model Blac Chyna die akteur en sanger Pilot Jones passievol soen. Rob was glo grasgroen van jaloesie toe hy dit sien.

Bronne het aan die skinderwebtuiste TMZ gesê Pilot is bekommerd oor sy veiligheid nadat die 29-jarige Rob gemene boodskappe aan hom gestuur het, insluitend een wat lui: “Los my vrou uit. Hoor jy?” Volgens TMZ ondersoek beamptes van die dreigementbeheereenheid van die Los Angeles-polisie Rob oor beweerde selfoondreigemente.

Daar is blykbaar nog ander boodskappe ook waarin Rob dreig om Pilot liggaamlike leed aan te doen as hy Blac nie uitlos nie.

Dis nie duidelik wanneer die foto geneem is nie – dit kon gewees het toe Rob en Blac tydelik uitmekaar was.

Sy en Pilot het glo in Januarie vanjaar ’n kortstondige verhouding gehad en sedertdien kontak behou. Een van Pilot se verteenwoordigers het voorheen beklemtoon hy en Blac (wie se regte naam Angela Whyte is) is net “baie goeie vriende”.

Rob en Blac verwag om hul eersteling binne enkele dae te verwelkom.

Die twee het die swangerskapnuus in Mei bekendgemaak. Die paartjie is vir die werklikheidsprogram Rob and Chyna verfilm terwyl ’n vaderskapstoets gedoen is. Dit het bewys Rob is wel die pa van die ongebore baba.