Hy het rede om te spog: Hy is die eerste kaptein in die geskiedenis van toetskrieket wat sy span tot 50 oorwin­nings kon lei, en onder sy kapteinskap is die Proteas die we^reld se voorste toetskrieketspan.

Maar dis nie die´ prestasies wat maak dat Graeme Smith (32) straal soos nog nooit tevore nie. Nee, dit is ietsie heel kleins wat hom so bree¨­ bors laat rondloop.

Graeme en sy vrou, Morgan Deane Smith (30), het op 15 Julie hul tweede kind, Carter McMorrin Smith, verwelkom, en nou wys hulle die kleinman vir Huisgenoot se lesers.

Dit is Carter se eerste fotosessie en hulle is 20 minute laat. Om twee kinders reg te kry is nie kinderspeletjies nie, bieg Graeme laggend toe hulle hul opwagting maak by die Alphen­boetiekhotel in Constantia, Kaapstad.

Lees Lara Atson se artikel in Huisgenoot 5 September 2013