Luidens gerugte wou ’n passasier met alle geweld die stuurkajuit wou binnegaan. Hy het glo een of ander toestel in sy hand gehad en beweer dit is ’n ploftoestel.

Andrew Leoncelli, ’n voormalige Australiese voetballiga-speler was enkele meters van die stuurkajuit toe hy die man gewaar het. Die man het glo op die kajuitpersoneel geskree en geswets. Hy het daarop aangedring om die kaptein te sien.

Vroeër vandag

’n Woordvoerder van Malaysia Airlines het later Woensdagmidag aangedui dat die passasier intussen in hegtenis geneem is.

Die lugredery sal die voorval in samewerking met die Australiese owerhede verder ondersoek. Alle passasiers aan boord is veilig en het reeds van die vliegtuig afgeklim.

Malaysia Airlines het voorts beklemtoon dat die voorval geensins ’n kaping was nie.

Die lughawe is ook intussen weer oopgestel.

Die Maleisiese adjunk-minister van vervoer, Datuk Seri Aziz Ab Kaprawi het intussen aangedui dat die oproerige passasier van Sri Lanka is en dat sy ploftoestel ’n krag bank was (“powerbank”).

Gerugte doen die ronde dat die man ook onder die invloed was toe hy sy dreigemente geuiter het.

Dramatiese foto’s van die voorval verskyn reeds in die plaaslike Sydney Morning Herald.

Vroeër vandag

Elf medepassasiers het op hom toegesak en onder bedwang gebring.

Die vliegtuig se neus is teruggedraai na Melbourne waar dit in afsondering op een van die landingsbane staan in afwagting van gewapende magte om die saak van naderby te ondersoek.

Malaysia Airlines het intussen ook ’n kort verklaring uitgereik waarin hul aandui vlug MH128 moes noodgedwonge, vanweë ’n oproerige passasier, na Melbourne terugkeer.

Die vliegtuig het 23:41 (Australiese tyd) veilig in Melbourne geland.