Die video, wat die afgelope naweek op YouTube gedeel is, wys die hele voorval duur net 48 sekondes.

’n Wit RAV4 word deur die bestuurder van ’n donkerblou Volkswagen Golf afgesny en ’n wit motor keer dat die RAV4-bestuurder in trurat kan wegkom.

Vier mans spring uit die twee motors, pluk die deure van die RAV4 oop en begin sakke en mense uit die motor ruk. ’n Man in ’n blou hemp loop heeltyd om die motor met ’n AK-47 in sy hand en beduie aan sy medepligtiges hoe hulle moet maak.

Voor jy jou oë kan uitvee, is alles verby en die vier insittendes is met slegs die klere aan hul lyf langs die pad gestrand.

Die kapers spring in die drie motors en draai skerp regs; dan is hulle skoonveld.

Dié voorval het om halfvyf op die hoek van Commissioner- en Crownstraat gebeur, berig IOL. Die kapers is glo weg met die RAV4, R10 000 en twee selfone.

Kyk hier na die video:

Shané Barnard

BRONNE: Youtube, iol.co.za