Drie mans het sy pa om ongeveer seweuur Sondagaand in Trichardtweg gekaap toe hy by ’n verkeerslig stilgehou het, sê die woordvoerder Lungelo Dlamini.

“Hulle het sy voertuig afgesper en ’n vuurwapen op hom gerig. Hy is toe uit die voertuig gedruk en die verdagtes het met die motor weggery terwyl sy seun daarin was.

“In ’n latere stadium is sy voertuig verlate gevind en sy seun is gevind waar hy met beserings op die grond lê. Hy is dadelik hospitaal toe geneem,” sê Lungelo.

Die seun is in ’n stabiele toestand in die hospitaal.

Die polisie versoek dat enigiemand met inligting oor die misdaad enige tyd van die dag Stop Misdaad by 08600 10111 bel of inligting per SMS aan die Prime Media-misdaadlyn by 32211 stuur.

Bron: News24