Die slagoffer, ’n vrou, het aan paramedici gesê sy het in haar geparkeerde motor voor ’n huis in Trianglestraat gesit toe die kapers haar nader. Hulle het suur in haar gesig gegooi en haar van haar motor beroof.

Een van die inwoners van die huis het haar te hulp gesnel. Die vrou is in ’n ernstige toestand in die Helen Joseph-hospitaal met chemiese brandwonde aan haar gesig en bors.

Bron: news24.com