Teen dié tyd het jy seker al gehoop kapers kom nie met nóg nuwe truuks vorendag om hul bose bedrywighede voort te sit nie.

Maar die naakte waarheid is: Daardie hoop beskaam. Letterlik.

Lees ook: Hier vind die meeste kapings in Johannesburg, Pretoria, Kaapstad en Durban plaas. Poedelkaal vroue word glo nou gebruik om vragmotorbestuurders se aandag af te trek. Sodra die vragmotor stilhou, neem die kaalloper se medepligtiges hul kans waar.

Die foto is verskaf deur ’n vragmotorbestuurder wat beweer dit is wat op die N17 in Gauteng plaasgevind het.

Die voorval word ondersoek.

Bronne: arrivealive.co.za, wheels24.co.za